Klipkouers

Informações:

Sinopsis

Sakeman, Jacques Basson, gesels weekliks met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers, wêreldwyd, ten einde praktiese besigheids-en lewensraad te ontgin.

Episodios

  • Omri Van Zyl

    12/06/2019 Duración: 24min

    Omri Van Zyl is die uitvoerende hoof van Agri SA en die 2016 wenner van CEO Global se prestige-prys vir sy bydrae tot landbou in Afrika. Om 28,000 boere lidmate wat strek oor 26 verskillende tipe boerderye, waarde toe te voeg en gelukkig te hou, sit nie in enige man se broek nie.

  • ‘n Paar gedagtes van Jacques Basson

    29/05/2019 Duración: 16min

    Ek was bietjie “baie” stil die afgelope paar weke en wou net vinnig inloer en jou vertel waarmee ek besig bv. - hoe ek geld maak; - ‘n nuwe besigheid genaamd CommWealth; - ‘n Landbou Potgooi wat in wording is; - ‘n nuwe potgooi onderhoud struktuur en produksie proses; - help Hannon produkte aanlyn verkoop en; - ‘n paar Japanese wyshede vir ‘n ekstra huppel in jou knuppel!

  • Martin Schoeman

    08/05/2019 Duración: 01h03min

    Martin Schoeman is die stigter van Sangoma Safaris en wenner van die 'Wildteler van die Jaar 2018' titel. Die fokus van Sangoma Safaris is bewaring deur benutting. Hulle benut die hele waarde ketting van die wild bedryf en natuur. Hulle wek hulle eie krag op deur sonkrag, plant hulle eie voer, vir die wild wat hulle self teël. Jag hulle wild en verwerk die vleis in hulle eie slaghuis.

  • Pieter Cilliers

    30/04/2019 Duración: 31min

    Pieter Cilliers is die eienaar van SignMasters of Tyler in Texas, VSA. Hy gesels met my onder meer oor sy Suid Afrikaanse besighede en hoe hy te werk gegaan het om ? nuwe onderneming in Texas suksesvol te vestig.

  • Leon Els

    17/04/2019 Duración: 31min

    Die buiteland het sy eie uitdagings as dit by sake kom. Dit kan baie uitdagend wees om ? sakeonderneming in die buiteland te begin. Leon Els, eienaar van Octcet, gesels met Klipkouers oor die slaggate. Hy gee ook raad oor luister en die belang daarvan.

  • Dawie Swart

    03/04/2019 Duración: 56min

    Dawie Swart is die vooruitdenkende Hoof Uitvoerende Beampte van Investicore Holdings (Pty) Ltd. Hulle belê in eiendomme hoofsaaklik deur filiale maatskappye wat tesame met verskeie beleggers besit word. Die maatskappy se hooffokus is op industriële en kommersiële eiendomme, maar daar word ook geleenthede in alle sektore van die eiendomsmark geïdentifiseer.

  • Morné Smit.

    20/03/2019 Duración: 55min

    Morné Smit is die sakeman en entrepreneur agter Emerse, ‘n besigheidskonsultasie en mentorskap onderneming wat in verskoopstrategie spesialiseer. Emerse werk met beide groot besighede en ‘start-ups’ om hulle te help om te groei en winsgewend te wees.

  • Morné Smit

    20/03/2019 Duración: 55min

    Morné Smit is die sakeman en entrepreneur agter Emerse, ‘n besigheidskonsultasie en mentorskap onderneming wat in verskoopstrategie spesialiseer. Emerse werk met beide groot besighede en ‘start-ups’ om hulle te help om te groei en winsgewend te wees.

  • Jannie Putter

    06/03/2019 Duración: 41min

    Jannie Putter is 'n bekende provinsiale en nasionale rugbyspeler wat sy ervaring graag as 'n motiveringspreker en kopdokter deel. Hy werk met ‘n verskeidenheid nasionale en internasionale atlete, sportmanne en -vrouens asook die Goue Leeus en Blou Bulle rugbyspanne. Hy is ‘n gereelde spreker op radio en televisie en die outeur van ses boeke.

  • Ben Liebenberg

    20/02/2019 Duración: 55min

    Ben Liebenberg het vonBerg Boutique Butchers saam met sy broer, Issie, en hulle vrouens, Ané en Annelize, gestig. vonBerg bring ‘n vars en opwindende benadering na die vleisindustrie wat aan verbruikers top-gehalte produkte voorsien, sowel as tradisionele, meer moderne en eksperimentele resepte wat inspirasie uit verskeie kulture trek. vonBerg is trots om anders te wees en gemotiveerd om op ‘n konstante basis die standaarde te lig - vir hulself sowel as die industrie.

  • Louis Albertyn & Abie Kohn

    06/02/2019 Duración: 01h02min

    Louis Albertyn en Abie Kohn is medestigters van K.O.S, waar die fokus op die gemeenskap gerig word – die “kos.community.” Hulle passie is om vars, gesonde kos en huishoudelike produkte van kwaliteitgehalte bymekaar te bring en te versprei na 'n middelpunt, of “Kos Hub”, wat gerieflik naby aan die verbruiker is.

  • Dr Cobus Oosthuizen

    23/01/2019 Duración: 01h08min

    Nadat hy uitstekende sukses in gemeenskapsontwikkeling behaal het, is Dr Cobus Oosthuizen deur verskeie besighede en maatskappye genader om met veranderingsbestuur en individuele prestasieverbetering by te staan, asook om besighede te help om ‘n positiewe besigheidskultuur te ontwikkel. Dit het tot die onstaan van LifeXchange Solutions gelei, wat slegs op die besigheids- en korporatiewe sektore fokus en ‘n gróót, positiewe verskil maak!

  • Dr Kobus Neethling

    19/12/2018 Duración: 34min

    Kom luister saam as ons terugkyk na een van ons gewildste onderhoude. Dr Kobus Neethling is die president van die Suid-Afrikaanse Kreatiwiteitstigting en ook hoof van die Kobus Neethling Groep wat wêreld kenners op die gebied van kreatiwiteit en heelbreininstrumente is.

  • Kersboodskap

    12/12/2018 Duración: 17min

    2018 staan nou vinnig einde se kant toe en dis vir my ‘n wonderlike voorreg om ‘n paar Klipkouer-hoogtepunte met julle te deel. Baie dankie vir die volgehoue ondersteuning en lojale luisters - ek wens julle almal ‘n geseënde Kersfees en 'n baie suksesvolle 2019 toe!

  • Willem van der Merwe

    05/12/2018 Duración: 01h04min

    Willem van der Merwe is die Besturende Direkteur van Africa Biomass Company (ABC) en algehele wenner van Sanlam se 2017 Entrepreneur van die Jaar. Hy het ‘n innoverende oplossing gevind om ou boorde, wingerde, windlanings, saagmeulafval en selfs indringer bome te verwerk, met 'n groot positiewe impak op vrugteplase en die omgewing.

  • Roelien von Molendorff

    28/11/2018 Duración: 01h09min

    Roelien von Molendorff is die hoof van Innovasie by Heineken Suid-Afrika en bestuur beide die Miller- en Soweto Gold-handelsmerke, en deel ook met innovasie- en klassieke bemarkingspligte.

  • Jacques Basson

    21/11/2018 Duración: 32min

    Ek was vir 'n slag bietjie aan die ander kant van die mikrofoon saam met Gareth Cliff - hy het met my oor die ontstaan van Klipkouers gesels: my hele filosofie rondom besigheid en entrepreneurskap, hoekom ek die Klipkouers-potgooi geloods het, hoe dit alles saamsmelt, asook 'n paar lekker staaltjies uit my verlede!

  • Arno Smit

    14/11/2018 Duración: 01h17min

    In 2011 het Arno Smit FundedByMe begin as 'n hobby projek. Hy vertel hoe hierdie unieke equity crowdfunding platform, beleggers en entrpreneurs konnek vir bevondsing geleenthede. En met plofbare wêreldwye groei in die afgelope 5 jaar, sien hulle hulself as die entrepreneur se beste vriend.

  • Christine Geldart

    07/11/2018 Duración: 54min

    Christine Geldart is die eienaar van Marven Equipment, 'n dinamiese familiebesigheid, wat bekend staan as die "Kings Of Customization". Hulle skep allerhande mobiele gereedskaphouers volgens die klient se persoonlike behooftes. Hulle is trots op die feit dat hulle 'n eenstopwinkel kan wees vir enigiets van mobiele werkswinkeloplossings tot brandblussers en reflektiewe band. Kom luister saam!

  • Jasper Cloete

    31/10/2018 Duración: 01h08min

    Jasper Cloete is 'n man van talle talente met 'n betrokkenheid by 'n verskeidenheid sakegeleenthede. Van die familieondernemings, Eagles Nest Gastehuis en Konferensie sentrum in Fourways en Neo Life met netwerke regoor Afrika, tot die Generational Inheritance Group (GIG). Hy het die GIG gestig met die beweging dat families bemagtig kan word om die stigtings ouers van hulle multigenerasie welvaart plan te word. Kom luister saam soos hy ons meer vertel.

página 2 de 4