Wat Met Willim Welsyn Podcast

Informações:

Sinopsis

Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.

Episodios

  • Episode 151. - Wynand Myburgh

    06/09/2018 Duración: 01h58min

    Willim is terug in die garage. En hy gesels met Wynand Myburgh van Fokofpolisiekar wat onlangs die SAMA vir Best Rock album gewen het. Hulle gesels oor alles: skooldae, Bellville, musical influences, geloof, die begin van Fokof, die kerk, die beursie insident, die begin van Van Coke Kartel, die toere, die t-shirts… oor alles.

  • Episode 150. - Behind The Scenes & Cheers Vir Eers

    02/03/2018 Duración: 38min

    Willim antwoord 'n paar van die WAT Podcast-luisteraars se vrae voor hy 'n break vat van die show. 

  • Episode 149. - Willem Samuel (Deel 2)

    01/03/2018 Duración: 01h01min

    Die tweede en laaste deel van Willim se gesprek met Willem Samuel. 

  • Episode 148. - Willem Samuel (Deel 1)

    01/03/2018 Duración: 01h05min

    Willem Samuel het sy eerste comic in Bitterkomix gepubliseer toe hy 20 jaar oud was voor hy sy kunsgraad voltooi het onder die leiding van Anton Kannemeyer. Hy was vir 'n geruime tyd die Art Director by Supa Strikas en daarna London toe waar hy begin skryf en teken het aan sy grafiese roman Mengelmoes. Hy’t ook die heruitgawe van die legendariese Swart Kat-reeks ge-illustreer. Sy band Skree Alleen het onlangs ’n EP – Langafstand – uitgereik en op die 6de Maart 2018 kan jy die opening van sy uitstalling gaan kyk en luister by die Woordfees op Stellenbosch: Skree Alleen is ’n stilgebore, vroeë naughties punk band wat dié multi-dissiplinêre kunstenaar her-animeer deur ‘n samevlegting van installasie, musiek en animasie. Die lirieke is die katalisator vir ‘n singende uitstalling wat die besoeker ‘n anderwêreldse ervaring van musiek en digkuns gee en heelweek ervaar kan word. Skree Alleen tree eksklusief op tydens die openingsgeleentheid.

  • Episode 147. - Kobus Galloway

    23/02/2018 Duración: 01h50min

    Kobus Galloway is daai populêre spotprenttekenaar, grafiese ontwerper, illustreerder en die main brein agter Idees Vol Vrees, Skerpskerts, Komedie.co.za en Skorsie en Das. Hy kom kuier in die garage en gesels oor hoe sy liefde vir kuns, idiome, dubbelsinnighede en humoristiese woordspeling hom ’n suksesvolle aanlyn-entrepreneur gemaak het. 

  • Episode 146. - Jaco van der Merwe

    09/02/2018 Duración: 02h33min

    Jaco van der Merwe is ’n skrywer, ’n filmteorie-lektor en ’n rapper vir die electro-rap band Bittereinder. Hy kom kuier in die garage al die pad van Pretoria af om te gesels oor die disillusionment van sy Afrikaner-identiteit as laerskool laaitie, sy Hoërskool bands, daai eerste distortion pedal, die dae toe hy gerap het as Ajax, hoe hy saam met Peach van Pletzen se projek Yesterday’s Pupil in Pole gaan optree het en hoe Bittereinder ’n positiewe uitlaatklep geword het vir sy ambivalente gevoelens t.o.v. Afrikaner-identiteit. Wikus de Wet en Jaco van der Merwe is ook tans besig met 'n crowdfund campaign en hulle benodig jou ondersteuning om die eerste 250 uitgawes van hulle fotogedigteboek - "WAT BINNE IS" - te druk en versprei. 

  • Episode 145. - Arno Carstens

    01/02/2018

    Arno Carstens hang deesdae weer in Bellville uit want The Springbok Nude Girls is besig om ’n nuwe album te record. Dus moes dié legendary singer songwriter en frontman kom kuier in die garage om te gesels oor sy nuutste album Aandblom 13, sy kinderdae op Worcester, die rock Renaissance van Stellenbosch in die 90s, meeste van die Nude Girls se albums, open vir die Stones, paint parties saam Beezy Baily en nog vele meer.

  • Episode 144. - Jack Parow

    26/01/2018 Duración: 02h24min

    Jack Parow is ’n rapper. Hy kom kuier in die garage en gesels oor sy kinderdae, sy eerste jobs, sy nuwe album, sy vorige albums, sy collaborations, sy tv-shows, hoe om goeie PR-damage control te doen en wat se invloed brands het op die musiekbedryf. Geborg deur Evolver Signs and Graphics.

  • Episode 143. - Francois van As

    18/01/2018 Duración: 01h19min

    Francois van As is ’n Kaapse komediant wat sy kitaar en song writing skills gebruik om mense te laat lag. Hy kom kuier in die garage om te gesels oor sy kinderdae op Bredasdorp, wat alles daar by Spar gebeur het, sy eerste band Plofmot, hoe hy die redakteur van die skoolkoerant geword het en die dae toe hy Kunskafee (wat toe later The Rabbit Hole geword het) in Durbanville besit het. In 2016 wen hy die Comedy Central Africa Grab the Mic toekenning, so hy gesels ook die verhouding tussen musiek en komedie.

  • Episode 142. - Le Roi Nel en Gerdus Oosthuizen

    11/01/2018 Duración: 02h02min

    Le Roi Nel was die hoofsanger en kitaarspeler in Foto Na Dans en Gerdus Oosthuizen was die kitaarspeler en tweede sanger in New Holland, twee baie populêre rock bands uit Bellville. Le Roi en Gerdus kom kuier al die pad van Duitsland af om te gesels oor hulle nuwe band Sons Of Settlers, hoe dit is om musiek te maak in Duitsland en wat alles in die dae van New Holland en Foto Na Dans gebeur het.

  • Episode 141. - Henré Pretorius

    04/01/2018 Duración: 01h55min

    Voor Henré Pretorius agter die kameras kon werk by sy eie produksiehuis Admit One Media, moes hy eers sy tande slyp as akteur (Backstage, 7de Laan, Getroud Met Rugby) en TV-aanbieder (JIP, Studio 1, Smelt, Zing). Henré kom kuier in die garage om te gesels wat alles agter die skerms gebeur het gedurende sy dae by KykNET en MK en oor sy verhouding met sy broer Herman Pretorius wat in 2009 sy stryd teen kanker verloor het.

  • Episode 140. - Best Of 2017 (Deel 3)

    30/12/2017 Duración: 01h09min

    In hierdie derde en laaste uitgawe van WAT se Best Of 2017 spoeg en plak Willim vir jou brokkies uit sy gunsteling onderhoude van die jaar met Valiant Swart, Schalk Maas, Rouleaux van der Merwe, Chris Kreef, Jo Ellis, Ruan Styx Fourie, Michelle Nolte, Danie du Toit, Chris Danger Thundervolt, Tertius Kapp, Pietie Beyers en Toast Coetzer. Geborg deur PUTSTOP padwinkel en vulstasie op die R305 na Stilbaai toe.

  • Episode 139. - Best Of 2017 (Deel 2)

    20/12/2017 Duración: 01h41min

    In hierdie tweede uitgawe van WAT se Best Of 2017 spoeg en plak Willim vir jou brokkies uit sy gunsteling onderhoude van die jaar met Gifford Peché, Izak du Plessis, Philip de Vos, Jean Tunes Marais, Erns Grundling, Johnny de Ridder en Schalk Joubert. Geborg deur PUTSTOP padwinkel en vulstasie op die R305 na Stilbaai toe.

  • Episode 138. - Stéfan Burger

    14/12/2017 Duración: 01h48min

    Stéfan Burger is ’n sanger, liedjieskrywer en kliniese sielkundige by die Jimmie Roosskool net buitekant Dewetsdorp. Stéfan is ’n passievolle liefhebber van plaaslike musiek en na ’n konsert van Riku Lätti het hy onlangs besluit om self die kitaar op te tel en te begin songs skryf en toe sommer ook ’n album op te neem. Stéfan was ook deel van die Swart Hond-konsert in Jacobsbaai wat Dana Snyman Saterdag gehou het vir sy geliefde Anette Roberts met wie hy op die dag sou trou. Willim en Stéfan gesels oor dit alles en nog meer.

  • Episode 137. - WAT Het Ons Geleer? Best Of 2017 (Deel 1)

    06/12/2017 Duración: 53min

    Willim doen bietjie hersiening en spoeg en plak vir jou ’n paar waardevolle lesse WAT hy geleer het uit 2017 se eerste episodes met Francois Van Coke, Barry Hilton, Elbie Adendorff, Herman Kleinhans, Rohan Strydom, Chris DeWet Bornman, Gigi en Nita Fourie, Johan Jack Smith en Heine Van Der Walt. Willim las hierdie lesse aanmekaar met stukkies van sy nuwe album Blitzkriek.

  • Episode 136. - Carla Louw en Marné Gelderbloem van Rumswinger

    24/11/2017 Duración: 01h28min

    Rumswinger is ’n vintage swing, electro, house en pop band uit Kaapstad met ’n splinter nuwe EP. Carla Louw en Marné Gelderbloem is ’n couple en ook die groep se twee main members. Hulle vertel vir Willim van al hulle vorige bands, hulle onlangse travels, hoe dit is om te werk op die Survivor TV-reeks, die dae toe Marné in We Set Sail gespeel het, toe Carla by MK gewerk het en toe sy deelgeneem het in Idols. Carla gesels ook oor haar vorige art pop project Duimpie Se Maat.

  • Episode 135. - Gareth Wilson

    16/11/2017 Duración: 02h09min

    Gareth Wilson is a rock ’n roll singer, songwriter, guitarist, music venue owner and talent buyer for Oppikoppi. Willim talks to Gareth about the origin and legacy of his main band Southern Gypsey Queen, how he became a music promoter at Southern Buzz, Hilltop Live, Oppikoppi and The Goodluck Bar.

  • Episode 134. - Benjamin Booker

    09/11/2017 Duración: 01h07min

    Benjamin Booker is an American musician, singer, songwriter and guitarist. Booker’s got a new album out called ‘Witness’ and because Willim’s a huge fan, he decided to give the man a call to ask him a bunch of questions like: What was it like touring with Jack White? How did he get to play on David Letterman? (Turns out he saw Letterman fall on face after the show…) What happened to his first backing band? How did he get Mavis Staples to collaborate with him. All that and much more. They also talk through the tracks of his new album ‘Witness’, out now on ATO Records. “Benjamin Booker makes retro music feel modern, reflecting on racism in America while drawing on blues, soul, and gospel.” – Pitchfork

  • Episode 133. - Sarah Theron (Deel 2)

    02/11/2017 Duración: 54min

    In deel 2 van Willim se gesprek Sarah Theron gesels hulle oor musiekfeeste, die lewe van ’n freelance sanger, self-censorship, songwriters, social-media, ’n stukkie politiek en ... boy bands.

  • Episode 132. - Sarah Theron (Deel 1)

    02/11/2017 Duración: 01h54min

    Sarah Theron is ’n bekroonde sangeres en ’n bekende aktrise met ’n intimiderende body of work agter haar naam. Sy kom kuier in die garage en gesels oor haar kinderdae in die Kaap, haar drama-studies op Stellenbosch en Pretoria, ouerskap, haar eerste musiekproduksies en haar rol as Baby Botha in Egoli – Plek van Goud. Ons gesels ook oor meeste van haar albums en die ups and downs van die musiekbedryf.

página 2 de 9