Wat Met Willim Welsyn Podcast

Informações:

Sinopsis

Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.

Episodios

  • Episode 11. - Kobus de Kock Jnr.

    07/07/2015 Duración: 01h23min

    Kobus de Kock Jnr. is die bebaarde Sonic The Hedgehog frontman van daai explosive Pretoria rock band: Black Cat Bones. Kobus kom maak ’n draai in die Kaap om PR te doen vir die Blood Brothers supergroup en hy pull ook toe sommer in by die garage om sy storie met ons te deel. Het jy geweet hy was eers ’n drummer in ’n band saam met Jan Blohm voor Jan Blohm “Jan Blohm” was? Daar’s ’n paar cool stories oor sy two-piece jam sessions op die plaas saam met Noddie, sy solo kustoere en die ontstaan van die Black Cat Bones. En natuurlik gesels ons ook oor die Blood Brothers. Lekker luister.

  • Episode 10. - Beer Adriaanse

    01/07/2015 Duración: 01h30min

    Vir die ignorant mense wat dink ‘Boer Giel’ was Beer Adriaanse se eerste claim to fame… julle is way off. Beer is een van die Afrikaanse rock vakkeldraers en hy jol al drums sedert Hoërskool. Ons gesels oor sy eerste punk band in Bellville, die dae toe Zinkplaat begin het in Stellenbosch, pop culture in die 90s, koshuislewe en die feit dat Jack Parow se ma sy kluiterskoolonderwyseres was. Daar is stories oor toere saam met Delta Blue, hoe Zinkplaat ’n record label begin het en toe sommer ook besluit het om groot toerbusse te begin aan skaf om die MK Avontoer af te skop. Ons riff ook oor daai keer toe Zinkplaat en my band saam by ’n mal fees buite Lady Grey gaan speel het en toe Beer my eenkeer duk geschroom agterop ’n wae gesien jol het by Afrika Burns. Die wenners van die Trippy Grape records albums word ook bekend gemaak.

  • Episode 9. - Dirk Ace (Deel 2 van 2)

    25/06/2015 Duración: 01h31min

    Ek rant eers want... WAT? Ek het vanoggend 'n pa geword. Daarna continue my gesprek met die legendariese vader van die Voëlvry Toer. Vader. Ek is ook nou 'n vader. Anyway, ons gesels oor André le Toit (my seun se naam is André), Johannes Kerkorrel, Valiant Swart, Wingerd Rock, Trippy Grape Records, ens. Ek kan nie langer tik nie. Moet nou gaan. Way te opgewonde oor my laaitie. Luister gerus. Hierdie episode is met trots geborg deur The Academy of Sound Engineering.

  • Episode 8. - Dirk Ace (Deel 1 van 2)

    23/06/2015 Duración: 01h07min

    Dirk Ace kom kuier in die garage en ons kom nogal naby om ’n hele chunk van sy lifestory te cover. Beter bekend as “Dagga Dirk Uys” – die brein agter die Voëlvry Toer - is die res van sy CV nogal impressive. Hy’t Die Eerste Alternatiewe Afrikaanse Rock Konsert gereël in 1988, die Voëlvry Toer in 1989, Die Mystic Boer- en Droomrivier toer met Valiant Swart in 1992 en 1993, Die Heel Eerste Oppikoppi Band Weekend, die Danzer toer met Anton Goosen en die Elke Boemelaar se Droom toer met Koos Kombuis in 1994. Hierdie is maar net enkele toere in die late 80s en early 90s - nie eers te praat van al die produksies en feeste wat later op sy kerfstok verskyn nie. Die lys gaan aan en aan en aan en so ook die geskiedenis. Dirk het baie om te vertel. Ons begin by sy skooldae op Carolina, sy verhouding met sy pa, sy eerste paar jobs en sy dae in army. Daarna vat hy ons Bloemfontein toe waar hy as kampusradio DJ Die Eerste Alternatiewe Afrikaanse Rock Konsert begin reël – ’n voorbrand vir die kultuurbeweging wat eventueel d

  • Episode 7. - Anton Goosen

    16/06/2015 Duración: 01h10min

    Oppad Franskraal toe stop Willim by Anton Goosen op Gansbaai. Anton bou vir hulle ’n klomp koffies en hulle klim agter die mics in rondom sy kombuistafel om te gesels oor die locals, meeste van sy albums, die linkse vs. die regse vleuels van die Afrikaanse media, doef-doef, disco en The Bee Gees. Anton vertel oor sy dae as ’n joernalis, producer en sy vriendskap met Sonja Heroldt, Johan Pienaar en Dirk Ace. Hulle riff ook oor “Nool van der Merwe” wat Bob Dylan en Leonard Cohan se songs na Afrikaans toe gaan vertaal het. Daar’s ’n paar production anecdotes oor Koos Kombuis se befokte album Elke Boemelaar Se Droom, behind-the-scenes stories oor die Houtstokfees en daai keer wat Bles Bridges hom van agter af gewurg het voor ’n opname op Goeiemôre Suid-Afrika. Skop, skiet en donner vandag op WAT. Hierdie episode is met trots geborg deur The Academy of Sound Engineering.

  • Episode 6. - Piet Botha

    09/06/2015 Duración: 44min

    Piet Botha is die embodiment van Suid-Afrikaanse rock ‘n’ roll geskiedenis. Hy’t al alles gesien, gehoor, gesing en geleef.  Willim slaap ’n aand oor by Piet se huis in Pretoria en vroeg die volgende oggend - voor Piet hom lughawe toe moet neem - sit hulle en gesels oor sy dae in die 70s, 80s, 90s, 00s and beyond. Daar’s ’n paar kiff verhale oor bomdreigemente, Amerika, venues wat afbrand, Raven, Wildebeest, agents, Billy Bob Thornton en ’n Suitcase Vol Winter. Hierdie episode is met trots geborg deur The Academy of Sound Engineering.

  • Episode 5. - Rian Malan

    02/06/2015 Duración: 49min

    Bekend vir sy ominous bestseller My Traitor’s Heart en minder bekend vir sy befokte, underrated Afrikaanse album Alien Inboorling – gesels Willim vandag met Rian Malan. Rian riff oor die vloek van die Afrikaner, journalism, geskiedenis, record labels, the art of storytelling en die fokop van die digital revolution. Hierdie episode is met trots geborg deur The Academy of Sound Engineering. 

  • Episode 4. - Andries Bezuidenhout

    31/05/2015 Duración: 50min

    Willim bel eers vir Griffin van Watkykjy.co.za om meer uit te vind oor al die geld wat hy gehelp het om in te samel vir Drikus ‘Brixton’ Barnard van die Brixton Moord en Roof Orkes se breinoperasie. Daarna gesels hy met  Brixton Moord en Roof Orkes se sanger Andries ‘Roof’ Bezuidenhout oor hulle nuutse album – ‘Slaaptyd in Die Suburbs’, academics en Drikus se breinoperasie wat hierdie Woensdag plaasvind. Hulle praat ook oor The Beatles, Rolling Stones en Arcade Fire. Hierdie episode is met trots geborg deur The Academy of Sound Engineering.

  • Episode 3. - Francois Van Coke

    26/05/2015 Duración: 01h27s

    Willim gesels met Francois oor die skielike sukses van sy nuwe solo album, die power van love songs en die hele nuwe audience wat hy onlangs gevind het. Francois bespreek ook sy vrese, life in the suburbs en daai keer wat hy vir Dave Grohl en James Hetfield ontmoet het. Hy laat ook ’n paar ape uit die mou ivm die Blood Brothers setlist. 

  • Episode 2. - Toast Coetzer Deel 2 van 2

    18/05/2015 Duración: 01h08min

    Willim en Toast gesels oor The Buckfever Underground, Oppikoppi, Ons Klyntji se voortbestaan en die beskerming en kuratorskap van ons huidige kunste. 

  • Episode 1 - Toast Coetzer Deel 1 van 2

    16/05/2015 Duración: 01h03min

    Joernalis, beat poet, radio-omroeper en fotograaf Toast Coetzer kom kuier in die garage vir die heel eerste onderhoud op Willim Welsyn se nuwe podcast show, WAT. Hulle gesels oor die Ooskaap, boeke, musiek uit die 90s, The Buckfever Underground en die waarde van popkultuurbeskerming.

página 9 de 9