Dirk Scheepers Program

Afrikaners en Zoeloes vat hande?

Informações:

Sinopsis

Kort op die hakke van die Zoeloe dreigemente van sesessie kom die aankondiging hierdie week dat Afriforum met Koning Zwelithini van die Zoeloes ontmoet het om grondonteiening sonder vergoeding te bespreek en selfs sy verjaarsdag-banket by te woon. https://www.thesouthafrican.com/afriforum-meet-with-zulu-king-zwelithini-discuss-land-expropriation/En vir die van julle wat nie die saga volg nie, soos ons se op die internet die tldr, too long didn’t read, die oorvereenvoudiging van die saak was dat Ramaphosa voorgestel het dat die Ingonyama trust nie die beplande onteiening wet sal vryspring nie. Daarop het die Zoeloe koning sy gat gewip en sy krygers en Impi saamgeroep en verskeie dreigemente gemaak in Ulundi. Ramaphosa moes toe bietjie terugval om sy gat te red en belowe die Zoeloe land sal nie gevat word nie, maar nie dieselfde beloftes gemaak aan die Afrikaners nie En toe hierdie week ontmoet die leiers van Afriforum en Solidariteit met die Zoeloe koning en regter Ngwenya wat as voorsitter van die Ingonyama t